Go to Top

Waenhuiskrans | Arniston Bewaringsvereniging

The Arniston 1815-2015 – A village remembers, Marius Diemont

The Arniston 1815-2015 – A village remembers, Marius Diemont

Die doel van die Waenhuiskrans / Arniston Bewaringsvereniging (WABV) is om die natuurlike omgewing en die natuurlike landskap van Waenhuiskrans/Arniston en die omliggende omgewing te bewaar.

Waenhuiskrans is besonders. Geen ander kusdorp het sulke sjarme, kleur en eenvoud nie. Dit het een van die min werkende vishawens aan ons kus, met die laaste oorblywende vissersdorp en vissersgemeenskap. Dit is 'n plek diep in die harte van die meeste mense wat dit ken.

Waenhuiskrans is tevore deur onvanpaste ontwikkeling bedreig. Dit word nou weer eens bedreig, uit vele oorde. Ons moet ons invloed gebruik en alles in ons vermoe doen om te verseker dat ontwikkeling in Waenhuiskrans verantwoordelik geskied. Dit moet nie die omgewing vernietig nie. Dit moet die gemeenskap help, nie vir 'n enkele dag nie, maar vir vele jare voorentoe.

- Om die WABV se grondwet af te laai, KLIK HIER