Go to Top

Koopgoed

Cape Town Baby

Cape-town-baby

Martin Aubin se kleurryke boek vir jong lesers is in hardeband boek, met stewige bladsye wat kleintjies moeilik sal kan skeur. Kliek hier om te bestel


The Arniston 1815-2015 - A village remembers

arniston cover proof V11.cdr

Arniston, of Waenhuiskrans, is ’n plek met twee name en ’n lang geskiedenis. Marius Diemont se verhaal dra by tot onvergeetlike karakters en die herinneringe van die mense wat hier bly. In die boek is dit maklik om te sien hoekom dié plek diep in mense se harte kruip.  Hierdie is die derde boek oor Waenhuiskrans wat ’n verbintenis met die Trust het.


 Arniston / Waenhuiskrans - Martine Aubin

Martine AubinDie skrywer (Martine Aubin) ken Waenhuiskrans oor meer as vyftig jaar. Haar boek is deels outobiografies, deels histories. Die teks dra by tot die pragtige beelde wat sy vasgelê het. Opbrengs uit verkope is vir die Waenhuiskrans/Arnistion Gemeenskapsontwikkelingstrust.


Geological Highlights of the Arniston Region - P.D. Toens and W.E.L. Minter

Sample Toens Poster klein’n Interessante en insiggewende oorsig van die belangrikste geologiese kenmerke in die Wanehuiskrans-area, van die laaste 300 000 jaar, saamgestel deur Drs P.D. Toens en W.E.L Minter.


 Voetspore in die Gonnabos - Pieter Swart

boek2

Pieter Swart se boek Voetspore in die Gonnabos is ’n kleurryke samevatting van Waenhuiskrans se geskiedenis, soos vertel deur sy mense. Dit kan bestel en gekoop word van Pieter Swart in Waenhuiskrans (083 963 7987).


Tale of the Shipwrecks at the Cape of Storms - John Gribble and Gabriel Athiros

boek1Skeepswrakke is skatkisse van stories ryk in geskiedenis. Dié toereikbare boek deur John Gribble en Gabriel Athiros vertel die storie van bekende skepe wat hul einde teëgekom het in die area. Dit kan bestel word van alle goeie boekwinkels of van hmedia@mweb.co.za.


The Strandveld: Africa's Foot of Isolation - Marius Diemont

The Strandveld

Die geïllustreerde storie van die Strandveld, die area wat strek tussen Hermanus en die Breede Rivier, handel oor sy geskiedenis, gemeenskappe en die koms van ontwikkeling en veranderende tye. Dit beklemtoon die uniekheid van die Strandveld - sy isolasie en skoonheid. Beskikbaar by: http://www.hemelensee.co.za

 

 

 


Die Stranding van die VOC-skip Schoonenberg: Waarheid en Verdigsel

deur Jan Malan

Hierdie nuwe boek, gegrond op ‘n omvattende studie van primêre historiese bronne, het pas by Africana Uitgewers verskyn.  

‘Ek bly op die skip so lank daar nog hout bo water is!’ Dít was die uitdagende woorde van skipper Albertus van Soest nadat sy skip vóór ligdag op 20 November 1722 by Struisbaai op die rotse geloop het. Die bemanning het hom geïgnoreer en holderstebolder na die land gevlug.

Alle toepaslike brondokumente uit die Kaapse argief is nou die eerste keer noukeurig nagegaan om die volle, boeiende verhaal van die Schoonenberg se stranding en van die latere wedervaringe van die skipbreukelinge te kan vertel. Die skipper en sy bemanning word goed leer ken, en Goewerneur Mauritz de Chavonnes en sy amptenary, en  die Here XVII uit Nederland, laat van hulle hoor. Ook Hendrik Klopper van Uilenkraal; Jacques Malan, stamvader van Suid-Afrika se Malans en wynboer van Morgenster, en sy buurman op Vergelegen, Jacob van der Heijde, word raakgeloop.

Aan ou gerugte van ‘n skat in Vergelegen se wingerde, is in die twintigste eeu nuwe momentum gegee deur skrywers soos Eric Rosenthal en Lawrence Green. Hulle romantiese Schoonenberg-verdigsels met die tema van ‘n verborge skat, intrige, moord en vergelding, was so gewild dat dit byna die historiese waarheid verdring het.

Ten slotte word vertel hoe wrakduikers, amper toevallig, in die troebel waters van Northumberlandpunt by Struisbaai op oorblyfsels van ‘n wrak uit die tyd van die VOC afgekom het. Met inagneming van historiese aanduidings van die strandingsplek, kon hulle dit met net een skip verbind: die Schoonenberg.

Dit sal eersdaags onder meer by die volgende plekke beskikbaar wees:

Protea boekehuis, Stellenbosch
The Book Cottage, Hermanus
Stanford Toerisme
Gansbaai Boekwinkel
Gansbaai Toerisme
Suidpunt Potpouri
Struisbaai Stationers
O.K. Struisbaai
Die Caltex Garage-winkel, Struisbaai
Die Skeepswrakmuseum, Bredasdorp
Fiction and Fantacy, Bredasdorp
Bredasdorp Square
Julian’s
Arniston Hotel