Go to Top

Studente van 2018

Die Trust ondersteun meer as dertig studente in 2016.  Meer as twintig van hierdie studente is senior studente; nege is eerste jaar studente. Hulle verteenwoordig die toekoms van die Arniston vissersgemeenskap. Dit is 'n voorreg om hierdie groep te ondersteun.

Amanda Afrika

Amanda Afrika

Amanda doen haar tweede jaar in MBChB (medies) aan Universiteit Stellenbosch. Sy het in 2016 die graad BSc Fisiologie ontvang.

Jared Coetzee

Jared Coetzee

Jared doen ’n B-graad in Argitektuur aan die Universiteit van  Kaapstad.

Houston Felix

Houston Felix

Houston doen Voorskoolse Kinderopleiding (Vlak 4) aan Boland Kollege. Hy doen sy prakties aan die kleuterskool van Laerskool Wagenhuiskranz.

Courtney Lourens

Courtney Lourens

Courtney is in haar tweede jaar. Sy doen haar LLB graad aan die Universiteit van Weskaap. Sy het haar eerste jaar met meriete geslaag.

Grant Marthinus

Grant Marthinus

Grant het laasjaar Megatroniese Ingenieurswese aan KPUT voltooi.Hy doen nou ’n internskap in Kaapstad.

Jamie-Leigh Marthinus

Jamie-Leigh Marthinus

Jamie-Leigh doen die Scimathus-program (wiskunde en wetenskap) aan die Universiteit Stellenbosch. Sy beplan om later medies te studeer.

Lee-Ann Murtz

Lee-Ann Murtz

Lee-Ann is in haar tweede jaar in Biotegnologie aan UWK. Sy het in 2017 met onderskeiding geslaag.

Chad-Leigh Newman

Chad-Leigh Newman

Chad-Leigh is in sy derde jaar in B.Ed aan Stellenbosch Universiteit. Hy het sy eerste en tweede jaar met onderskeiding geslaag.

Nicole Saayman

Nicole Saayman

Nicole is in haar derde jaar in B.Ed (Grondslagfase) aan Stellenbosch Universiteit.

Ariel Smith

Ariel Smith

Ariel doen ’n B-graad in Kuns aan die Universiteit van  Kaapstad.

Rialdo Alexander

Rialdo Alexander

Rialdo is in sy tweede jaar by UNISA waar hy ’n B.Com in Bemarking doen. Hy werk voltyds by die Afrika-sentrum vir MIV/Vigsbestuur aan die Stellenbosch Universiteit.

Julian Europa

Julian Europa

Julian het in in 2017 by die Maties Akademie as skeidsregter gekwalifiseer. Hy studeer nou Onderwys deur UNISA. Hy is lid van die Westelike Provinsie se Skeidsregters-vereniging vir die Wynberg-distrik.

Amy Flynn

Amy Flynn

Amy studeer Gasvryheidsbestuur by Northlink College.

Dianey Leonard

Dianey Leonard

Dianey doen 'n diploma in Ondernemingsbestuur by BMT Kollege. Sy werk ook voltyds by Etna's Accommodation in Arniston.

Nicole Lourens

Nicole Lourens

Nicole is in haar tweede jaar B.ed aan CPUT. Sy het haar eerste jaar met meriete geslaag.

Jody Marthinus

Jody Marthinus

Jody studeer B.Compt (Interne Oudit) deur UNISA.  Jody werk as rekenmeester in George en studeer deeltyds.

Fenito Mehl

Fenito Mehl

Fenito is in sy derde jaar in Elektroniese Ingenieurswese aan Stellenbosch Universiteit..

Stephanie Murtz

Stephanie Murtz

Stephanie studeer Onderwys by UWK.

Richard Newman

Richard Newman

Richard studeer Onderwys aan KPUT.

Jeanrick Scheepers

Jeanrick Scheepers

Jeanrick is in sy derde jaar in B.Ed (Senior fase) aan Noordwesuniversiteit.

Dylan Smith

Dylan Smith

Dylan studeer Sakebestuur aan Valsbaai Kollege. Hy werk ook voltyds by Etna's Accommodation in Arniston.

Bevan Arends

Bevan Arends

Bevan is in sy derde jaar sportbestuur aan die Stellenbosch Rugby Akademie.

Lucinda Europa

Lucinda Europa

Lucinda het as haarkapper gekwalifiseer. Sy doen vanjaar haar internskap in Kaapstad.

Gail Leonard

Gail Leonard

Gail voltooi vanjaar haar B.Ed aan Noordwes Universiteit. Sy is 'n Graad R onderwyseres by Laerskool Wagenhuiskranz. Sy studeer deur afstandsonderrig.

Beulah Marthinus

Beulah Marthinus

Beulah doen die gemeenskapsgesondheids-werkerprogram by Healthnicon-Verpleeg Kollege in Parow.

Miche Marthinus

Miche Marthinus

Miche doen haar Voorskoolse Kinderopleiding (Vlak 4) aan Boland Kollege. Sy werk tans by Jolly Kids in Bredasdorp.

Lucresia Minnaar

Lucresia Minnaar

Lucresia studeer deur Forensics for Africa vir 'n sertifikaat in Forensiese Misdaadtoneelrekonstruksie.

Abraham Newman

Abraham Newman

Abraham is in sy derde jaar in Menslike Hulpbronbestuur aan BMT Kollege. Hy het in 2016 en 2017 met onderskeiding geslaag.

Maxine Nel

Maxine Nel

Maxine is in haar finale jaar in Menslike Hulpbronbestuur aan Damelin.

Brendill Sebonka

Brendill Sebonka

Brendil is in sy tweede jaar aan CTU in Stellenbosch. Hy studeer vir n diploma in Finansiele Rekeningkunde.

Ruald Treu

Ruald Treu

Ruald is in sy eerste jaar by die Sharks-Akademie in Durban. Hy studeer vir 'n BA-graad.