Go to Top

Potensiaal

Uit die publikasie: The Arniston 1815-2015 – A village remembers, Marius Diemont

Uit die publikasie: The Arniston 1815-2015 – A village remembers, Marius Diemont

Kassiesbaai, die aangrensende hawe en die Waenhuiskrans Natuurreservaat het beduidende toerismepotensiaal, wat die plaaslike vissersgemeenskap kan bevoordeel.

Waenhuiskrans is ’n ontspanningsgebied met wye panoramas, inheemse seevoëls, seisoenale walvisse, kusfynbos, belangrike argeologiese terreine, gestrande skepe en die Waenhuiskrans-grot. Ontspanningsaktiwiteite sluit in visvang, hengel, swem, snorkel, branderry en voetslaan.

As voorbereidende navorsing is plaaslike inwoners in diens geneem oor ’n tydperk van ses maande om ’n voertuig- en voetgangertelling van beweging oor Arniston te doen. Hoewel daar meer as 70 000 besoekers en 13 000 voertuie jaarliks na die natuurreservaat gaan, besoek minder as 10 000 van hierdie besoekers die vissersdorpie. Vishuis en die aangrensende opgeknapte Vissersunie-saal sal ’n vriendelike ingang na die vissersdorpie en verskeie toerismegeleenthede in die dorp tot stand bring. Dit sal help om die fisiese skeiding tussen die vissersdorpie en die vakansiedorp te oorbrug.

Vishuis en ‘n gerestoureerde Vissersuniesaal sal beteken nuwe dienste sal vir die dorp en gemeenskap beskikbaar wees. Onder meer:

  • ’n Inligtingsentrum vir toeriste. ’n Roetekaart sal ontwikkel word en hier beskikbaar wees, met inligting oor huise in die dorp wat kunsvlyt- en ander diensitems verkoop. Interessante aktiwiteite sal by die sentrum bevorder word.
  • ’n Erfenissentrum wat die geskiedenis en lewende erfenis van die terrein vertoon. Dit sluit onder andere in historiese artefakte en mondelinge geskiedenis en skriftelike geskiedenis, uitgebreide historiese, argeologiese en wetenskaplike inligting oor die hele streek, sal bydra tot ’n bewustheid van die omgewing se unieke erfenis en geskiedenis Dit sal ook bydra tot die bewaring van die dorp.
  • ’n Fasiliteit wat saam met die Vissersuniesaal vir vergaderings, funksies, gemeenskapsake, konserte, troues en ander sosiale plegtighede gebruik kan word.
  • ’n Opvoedkundige fasiliteit vir skoolkinders en, tesame met die Vissersuniesaal, ook ’n fasiliteit om klein en medium toerisme ondernemings te stimuleer.
  • ’n Gemeenskaplike plek om te ontmoet, met plaaslike verversings.