Help ons historiese vissersdorp

  • Arniston / Waenhuiskrans het die enigste oorblywende historiese vissersdorp in Suid-Afrika. Kassiesbaai het sy ontstaan in 1905. Daardie jaar wou grondeienaars die vissersgemeenskap, wat van 1850 daar gevestig is, verskuif om plek te maak vir ‘n vakansiedorp. Met die hulp van ‘n prokureur van Caledon het die vissersgemeenskap ‘n petisie by die destydse governeur-generaal ingedien en na onderhandelinge hul verblyfreg verseker. In die jare sewentig en tagtig van die vorige eeu was daar weer pogings om die vissersgemeenskap te verskuif, toe onder die destydse groepsgebiedewet. Weer eens het die vissersgemeenskap dit reggekry om hul verblyfreg te bevestig en is die historiese dorpie opgeknap en gerestoureer. Die jongste bedreiging vir die vissersgemeenskap is die kwotatoekennings van die laaste jare.
  • Kassiesbaai is lank reeds ‘n verklaarde nasionale gedenkwaardigheid gewees. Onder die nuwe wetgewing is nou deel van ‘n Graad I Nasionale Kulturele Landskap. Dit is ‘n nasionale bate, wat bewaar moet word. Dit hou ‘n deel van die land se mense en geskiedenis lewendig. Sonder die moontlikheid van voldoende inkomste uit die see sal hierdie bate nie bewaar kan word nie.
  • Die Vissersunie het ‘n plan om by die ingang van Kassiesbaai huise in die tradisionele styl op te rig vir verhuring aan toeriste. Daar is ook ‘n plan vir ‘n restaurant. Die inkomste uit hierdie ontwikkelings sal gebruik word om historiese geboue in die dorp te bewaar. As u ‘n bydra wil maak om die dorp te bewaar, kan u ‘n kontantdonasie maak. KLIK HIER vir ons bankbesonderhede.