Waenhuiskrans Natuurreservaat

Die Waenhuiskrans Natuurreservaat is ryk aan argeologiese bronne en dit is noodsaaklik dat die reservaat sensitief bestuur en bewaar word.

‘n Bestuursplan en ook ‘n toerismeplan vir die natuurreservaat is tevore opgestel deur verteenwoordigers van al die verskillende groepe in die dorp. Die plan maak voorsiening vir vrye voetgangertoegang en beheer die toegang vir vierwielaangedrewe voertuie. Die inkomste wat verkry kan word uit ‘n behoorlike bestuursplan sal volgens die plan gebruik word om nuwe werksgeleenthede aan die plaaslike inwoners te bied en terselfdertyd ‘n unieke erfenisbron behoorlik te bestuur en te bewaar. Die bestuursplan vir die Waenhuiskrans Natuurreservaat is op agtien openbare vergaderings bespreek en goedgekeur, en deur die aanvanklike voorstanders sowel as teenstanders van die deproklamering van die pad deur die reservaat onderteken. Die Kaap Agulhas Munisipaliteit het nie tot die plan ingestem nie.

Klik om te beskou en af te laai: