Omgewing & Bewaring
Natuurgeskiedenis van Arniston / Waenhuiskrans
Die Indiese en Atlantiese Oseane ontmoet by Kaap Agulhas. Die kuslyn bestaan uit ‘n kusplatform bedek met sandduine. Die platform wissel in breedte van 3 km tot 22 km, met ‘n hoogte van minder as 150’. Twee verskillende soorte strande kom voor: rotsdagsome en plat sand. Die rotsdagsome bestaan uit Tafelberg-sandsteen en soms graniet. Waar leiaardes uit die Bokkeveld of Malmesbury die kus deursny, kom geen dagsome voor nie en is die strand met sand bedek. Die lae gebiede aan die kus is bedek met duine word deur brak vleie deursny.
Die klimaat is tipies van ‘n winterreenvalstreek met nat, koel winters en warm, droe somers. Die meerderheid reĆ«nval kom tussen Mei en September voor. Jaarlikse reenval wissel tussen 400 mm en 600 mm. Suidelike hellings kry die hoogste reenval. As gevolg van die oseaan se invloed is die seisoenale temperatuurverskille gering. In die somer is die wind hoofsaaklik suidoos.
Die gebied spog met ‘n groot verskeidenheid struike en veldblomme. Inheemse bome en natuurlike grassoorte is egter skaars.
Met die vestiging van die Overberg Toetsbaan in 1986 is ‘n mariene reservaat geproklameer vanaf Waenhuiskrans tot by Infanta (tot 12 km breed). Walvisse en verskeie vissoorte het in groot getalle teruggekeer nadat die reservaat geskep is.
Die De Hoop-vlei is in 1971 as ‘n Ramsar Vleiland van Internasionale Belang geregistreer. Dit is ‘n hoogs produktiewe ekosisteem met ‘n verskeidenheid skaaldiere, inseklarwes, paddavisse en waterplante as voedselbron vir watervoels, vlermuise en groter soogdiere. Sowat 200 voelsoorte kom hier voor. Die vlei is 16 km lank met ‘n oppervlakte van ongeveer 6.2 km2.
Boek ‘n kamer vandag