Meer oor die Studiebeurse
Die Trust gee beurse aan inwoners van Arniston wat ná skool wil studeer of ‘n vakmanskap wil aanleer.
Die beursgeld word byeen gebring deur ‘n klein groepie skenkers en die laate paar jaar ook deur skenkings van Arniston Bay Wines.
Voltooi die aanlyn beursaansoekvorm om aansoek te doen vir ‘n beurs, As jy wil navraag doen en meer inligting verlang kan jy vir ons n e-pos stuur by arnistonbursaries@gmail.com.

Die Storie
In 2005 het die trust hulp aan drie studente verleen. In die jare voor 2005 het min studente vanuit Arniston verder studeer. Van die eerste drie studente in 2005 het die getalle algaande gestyg tot meer as 40 studente elke jaar. Meer as R6 miljoen is vanaf 2005 as beurse uitbetaal.
Onder die kwalifikasies wat verwerf is, is medies, verpleging, ingenieurswese, regte, onderwys, rekeningkunde en sakebestuur, tegnologie, sosiale werk, stadsbeplanning, sportbestuur, asook sweisers, elektrisiëns, gespesialiseerde konstruksie werkers, verskeersbeamptes, en toerisme-verwante kwalifikasies verwerf.
Hoe meet ons die uitkomste van die beursprogram?
- Voor 2005 het minder leerlinge uit Arniston na skool studeer as in vergelykbare gemeenskappe in die Weskaap. Nou het Arniston meer studente as vergelykbare gemeenskappe in the omgewing.
- Die algemene prestasie van die studente is beduidend beter as die van vergelykbare beursprogramme. Dit is te danke aan hegte ondersteuning vanuit die gemeenskap en ook weens aanvullende steun van die Trust.
- Dit is te gou om die langtermyn impak op die gemeenskap te meet omdat die meeste studente nog vroeg in hul loopbane is. Sommige van die afgestudeerde studente werk in Arniston of in die omgewing. Meeste werk in Kaapstad of elders. Van die studente wat werk, het nie sterk werksekerheid nie. Die impak op die groter gemeenskap sal eers later meetbaar wees. Die waarde van die beursprogram is wel sigbaar in die lewens van die studente deur verbeterde fokus, vervulling en prestasie.
- Twee instellings, die Britse Instituut vir Gesondheidsmeting en die Wêreldbank het indekse wat gesondheid en prestasie in die lewe van mense aan opvoedkundige aanwysers koppel. Albei indekse voorsien dat opvoedkundige hulp soos beurse aan studente belangrik is, al word die impak eers oor dekades gemeet. Sulke programme is ‘n motivering vir gemeenskappe om in menslike kapitaal te belê.
Studente van 2020
Oudstudente
- 2020 Studente
- 2019 Studente
- 2018 Studente
- 2017 Studente
- 2016 Studente
- 2015 Studente
- 2014 Studente
- 2013 Studente
Aansoek Riglyne
- Die Trust gee beurse vir studente uit die vissersgemeenskap van Waenhuiskrans.
- Enige voornemende student wat in Waenhuiskrans woon kan aansoek doen.
Aansoeke vir 2023 is nou oop.
Kliek hier om aansoek te doen.
Indien verdere inligting benodig word rakende beurse kan ‘n epos gestuur word na arnistonbursaries@gmail.com.
Ondersteun die Trust
Indien u graag vir ons wil help met ‘n donasie kan u ‘n direkte kontantbetaling maak na ons bankrekening.
- Rekeninghouer: Die Waenhuiskrans / Arniston Gemeenskapsontwikkelingstrust
- Bank: Absa (tjekrekening)
- Rekeningnommer: 4061710464
Stel Lizelle Vos in kennis van enige donasies by lizellevos@gmail.com
Vir meer inligting kan enige van die Trustees gekontak word.
Kontak die Trust
Andre Marthinus
Tel: (028) 445 9156
Cell: (082) 932 5968
Email: evandre@telkomsa.net
Colin Bird
Tel: (021) 425 3218
Cell: (083) 675 0369
Email: cbird@plantrust.co.za