Studente van 2019
In 2018 kon twee en dertig studente studeer met behulp van die Trust.
Hier is die lys van die studente wat in 2019 kan studeer met behulp van die Trust.

Amanda Afrika
Amanda doen haar derde jaar in MBChB (medies) aan Universiteit Stellenbosch. Sy het in 2016 die graad BSc Fisiologie verwerf.

Kaitlyn Afrika
Kaitlyn is ‘n eerstejaarstudent in B.Ed aan die Universiteit van Wes-Kaap.

Rialdo Alexander
Rialdo is in sy finale jaar by Boston Sake Kollege waar hy ’n B.Com in Bemarking doen. Hy werk voltyds by die Afrika-sentrum vir MIV/Vigsbestuur aan die Stellenbosch Universiteit.

Tayla Yolaine Cloete
Tayla is ‘n eerstejaarstudent in B.Ed aan KSUT.

Jared Coetzee
Jared doen ’n B-graad in Argitektuur aan die Universiteit van Kaapstad. Hy is in sy tweede jaar.

Gershwin Coetzee
Gershwin werk vir ‘n avontuurtoeronderneming. Hy doen ‘n kursus om as toergids te kwalifiseer.

Tameron Delport
Tameron studeer Onderwys deur die Two Oceans Graduate Institute.

Sade Dyers
Sade studeer Menslike Hulpbronbestuur by Boland Kollege in Caledon.

Edverno Engel
Edverno studeer Uitvoerende Kunste aan Pneumatrix.

Julian Europa
Julian het in in 2017 by die Maties Skeidsregterakademie as skeidsregter gekwalifiseer. Hy studeer nou Onderwys deur UNISA. Hy is ‘n geregistreerde Westelike Provinsie skeidsregter.

Megan Farao
Megan studeer Vroeë Kinderontwikkeling aan Boland Kollege, Worcester.

Amy Flynn
Amy studeer om ‘n sjef te word aand Dream Hotel Skool in Montagu.

Roxanne Flynn
Roxzanne het in 2016 haar verpleging graad cum laude geslaag. Sy werk by die Bredasdorp Hospitaal en studeer vir ‘n Nagraadse Diploma in Primere Gesondheidsorg aan Stellenbosch Universiteit.

Rantin Fortuin
Rantin studeer vir sy Meesters graad in Geografie aan UWK.

Marvin Jaars
Marvin is gekeur om by die Sharks Akademie te oefen. Hy studeer B.Com.

Lindy Joy Johannes
Lindy Joy is ‘n eerstejaarstudent in Maatskaplike Werk aan Stellenbosch Universiteit.

Dianey Leonard
Dianey doen ‘n diploma in Ondernemingsbestuur by BMT Kollege. Sy werk ook voltyds by Etna’s Accommodation in Arniston.

Nicole Lourens
Nicole is in haar derde jaar B.ed aan KSUT. Sy het haar tweede jaar met vier vakonderskeidings geslaag.

Courtney Lourens
Courtney is in haar derde jaar LLB aan die Universiteit van Wes-Kaap.

Ethan Lourens
Ethan is ‘n eerstejaarstudent in Rekenaarwetenskap aan UWK.

Jody Marthinus
Jody studeer B.Compt (Interne Oudit) deur UNISA. Jody werk as rekenmeester in George en studeer deeltyds.

Grant Marthinus
In 2018 het Grant sy Nasionale Diploma ontvang vir Megatroniese Ingenieurswese aan KPUT. Hy werk vanjaar voltyds en doen sy Btech in Megatroniese Ingenieurswese.

Jamie-Leigh Marthinus
Jamie-Leigh het in 2018 die Scimathus-program (wiskunde en wetenskap) aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy doen nou haar eerste jaar, BSc Diagnostiese Radiografie aan KSUT.

Fenito Mehl
Fenito is in sy tweede jaar. Hy doen sy graad in bedryfsingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch. Hy speel ook krieket vir Maties se eerste span.

Oscar Moosmann
Oscar is ‘n eerstejaarstudent in LLB aan UWK.

Lee-Ann Murtz
Lee-Ann is in haar derde jaar in Biotegnologie aan Universiteit van Wes-Kaap. Sy het in 2018 met vier onderskeidings geslaag.

Stephanie Murtz
Stephanie studeer Onderwys by Universiteit van Wes-Kaap. Sy is in haar tweede jaar.

Faith Joy Murtz
Faith is ‘n eerstejaarstudent in Opvoedkunde aan KSUT.

Chad-Leigh Newman
Chad-Leigh is in sy finale jaar in B.Ed aan Stellenbosch Universiteit. Hy het sy derde jaar met vyf onderskeidings geslaag.

Richard Newman
Richard is ‘n tweede jaar student aan KSUT en studeer Onderwys. In 2018 het hy van sy vakke met onderskeiding geslaag. Richard speel ook rugby vir KSUT.

Bridgette Prins
Bridgette het in 2018 matriekuleer. Sy studeer Menslike Hulpbronbestuur by Boland Kollege in Caledon.

Nicole Saayman
Nicole is in haar finale jaar in B.Ed (Grondslagfase) aan Stellenbosch Universiteit. Sy het haar derde jaar met twee onderskeidings geslaag.

Jeanrick Scheepers
Jeanrick is in sy finale jaar in B.Ed (Senior fase) aan Noordwes-Universiteit. Hy slaag sy derde jaar met twee onderskeidings.

Jeanrin Scheepers
Jeanrin het in 2018 haar Nasionale Diploma voltooi in Gasvryheidsbestuur aan KSUT. Sy gaan in 2019 haar Btech doen in Hotelbestuur.

Dylan Smith
Dylan studeer Sakebestuur aan Valsbaai Kollege. Hy werk voltyds vir Verkeersbestuurtegnologie in Bredasdorp.

Ariel Smith
Ariel doen ’n BA -graad aan die Universiteit van Wes-Kaap. Sy is in haar tweede jaar.

Keziah Smith
Keziah het in 2017 haar LLB graad ontvang. Sy werk tans as ‘n kandidaat prokureur en sal in 2019 die oordrag eksamen skryf.

Ruald Treu
Ruald is in sy tweede jaar by die Sharks-Akademie in Durban. Hy studeer vir ‘n Bcomm-graad.

Ilze Swam
Ilze studeer vir haar Nasionale Diploma in Argitektoniese Tegnologie aan KSUT. Sy is in haar tweede jaar.

Ethan Cloete
Ethan het in 2016 sy CISCO CCNA kwalifikasie ontvang. In 2019 beplan hy om as n CCNP (Cisco Certified Network Professional) te kwalifiseer.

Allison MC Krige
Allison is besig met ‘n Nasionale Sertifikaat (Werksgerig) in kantooradministrasie aan Boland Kollege in Caledon.