Studente van 2014

Vir 2014 bied  die Waenhuiskrans / Arniston Gemeenskapsontwikkelingstrust finansiele ondersteuning aan 24 studente met hul studies by verskeie akademiese instellings. In 2013 het die Trust 18 studente ondersteun, waar almal, behalwe een, geslaag het. In 2012, 2011 en 2010 het die Trust 57 studente ondersteun, waarvan slegs drie nie geslaag het nie .

Die name van al die studente wat met hulp van die Trust studeer word hieronder gelys. Die Trust het nie ‘n kapitaalfonds nie. Fondse vir studiebeurse moet elke jaar opnuut verkry word. Die Trust verwelkom finansiele ondersteuning van enige individu of organisasie om ‘n bydrae tot studente se studies te maak. Die Trust het belastingsvrystelling onder afdelings 30 en 18A van die Suid-Afrikaanse Inkomstebelastingwet. Dit beteken dat donateurs donasies teen belasting kan terugeis.

Indien u graag die projek of ‘n spesifieke student met sy/haar akademiese toekoms wil ondersteun, kontak gerus vir Hannes van Zyl by hannesvanzyl@mweb.co.za of Lizelle Vos by lizelle@ikhayatrust.org.za.

Studente van 2014

Amanda Afrika

Amanda Afrika

2013: Vyf onderskeidings, BSc, Universiteit van Stellenbosch.

2014: Tweede jaar BSc Menslike Wetenskappe.

Ilze Baatjies

Ilze Baatjies

2013: Twee onderskeidings, BED: VOO (Verdere Onderwys en Opleiding), Kaap Peninsula Universiteit van Tegnologie.

2014: Finale jaar.

Roxzanne Flynn

Roxzanne Flynn

2013: Twee onderskeidings, Verpleegkunde, Kaap Peninsula Universiteit van Tegnologie.

2014: Tweede jaar, Verpleegkunde.

Keziah Smith

Keziah Smith

2013: Twee onderskeidings in matriek.

2014: Eerste jaar LLB, Universiteit van die Wes-Kaap.

Inge Baatjies

Inge Baatjies

2014: Eerste jaar BEd: VOO (Verdere Onderwys en Opleiding), Kaap Peninsula Universiteit van Tegnologie.

Clayton Booysen

Clayton Booysen

2013: Tweede jaar Siviele Ingenieurswese, Boland Kollege Paarl.

2014: Derde jaar Siviele Ingenieurswese.

Godfrey

Godfrey Gertse

2013: Diploma in Publieke Administrasie, Oxbridge Akademie.

2014: 12-maande kursus in Beroepsgesondheid en Veiligheid.

Bronwynne Januarie

Bronwynne Januarie

2013: Eerste jaar Toerismebestuur, Kaap Peninsula Universiteit van Tegnologie.

2014: Tweede jaar Toerismebestuur.

Franklin Kuhn 2 (b)

Franklin Kuhn

2013: Diploma in Sportbestuur, Stellenbosch Rugby Akademie.

2014: Nagraads, BA in Sport- en Rekreasiebestuur, Kaap Peninsula Universiteit van Tegnologie.

Be-Alne Lawrence

Be-alne Lawrence

2013: Tweede jaar Skoonheidsterapie, Dermatech Gesondheid en Velsorg.

2014: Derde jaar Skoonheidsterapie.

Zenobia Lawrence

Zenobia Lawrence

2013: Eerste jaar Besigheidsbestuur, Boland Kollege Caledon.

2014: Tweede jaar Besigheidsbestuur.

Cameron Marthinus

Cameron Martinus

2014: Eerste jaar Besigheidsbestuur, Boland Kollege Caledon.

Grant Marthinus

Grant Marthinus

2013: Eerste jaar Chemiese Ingenieurswese, Kaap Peninsula Universiteit van Tegnologie.

2014: Tweede jaar Chemiese Ingenieurswese.

Jody Marthinus

Jody Marthinus

2014: Deeltyds eerste jaar BCompt in Interne Oudit, Universiteit van Suid-Afrika.

Mondy Marthinus

Mondy Marthinus

2014: Eerste jaar Sweiswerk, Boland Kollege Worchester.

Nolene Marthinus

Nolene Marthinus

2014: Eerste jaar by Boland Kollege.

Steve Mintoor

Steve Mintoor

2014: Eerste jaar Besigheidsbestuur, Boland Kollege.

Kelvin Murtz

Kelvin Murtz

2014: Eerste jaar Toerismebestuur, Kaap Peninsula Universiteit van Tegnologie.

Stephanie Murtz

Stephanie Murtz

2014: Eerste jaar Verpleegkunde, Wes-Kaap Kollege van Verpleegkunde.

Vincent Murtz

Vincent Murtz

2014: Kort kursus Voorsieningskettingbestuur, Kaap Peninsula Universiteit van Tegnologie.

Bradferd Newman

Bradferd Newman

2013: Eerste jaar LLB, Universiteit van die Wes-Kaap.

2014: Tweede jaar LLB.

Mettler Newman

Mettler Newman

2014: Eerste jaar Bestuursrekeningkunde, Kollege van Suid-Afrika.

Camelin

Camelin Samery

2014: Eerste jaar BA Sielkunde, CTI.

Dylon Simons

Dylon Simons

2014: Eerste jaar BSc IT/HC IT, CTI.