Studente van 2018
In 2018 het Waenhuiskrans / Arniston Community Development Trust 32 studente finansiëel ondersteun.
Amanda Afrika
Amanda doen haar tweede jaar in MBChB (medies) aan Universiteit Stellenbosch. Sy het in 2016 die graad BSc Fisiologie ontvang.
Jared Coetzee
Jared doen ’n B-graad in Argitektuur aan die Universiteit van Kaapstad.
Houston Felix
Houston doen Voorskoolse Kinderopleiding (Vlak 4) aan Boland Kollege. Hy doen sy prakties aan die kleuterskool van Laerskool Wagenhuiskranz.
Courtney Lourens
Courtney is in haar tweede jaar. Sy doen haar LLB graad aan die Universiteit van Weskaap. Sy het haar eerste jaar met meriete geslaag.
Grant Marthinus
Grant het laasjaar Megatroniese Ingenieurswese aan KPUT voltooi.Hy doen nou ’n internskap in Kaapstad.
Jamie-Leigh Marthinus
Jamie-Leigh doen die Scimathus-program (wiskunde en wetenskap) aan die Universiteit Stellenbosch. Sy beplan om later medies te studeer.
Lee-Ann Murtz
Lee-Ann is in haar tweede jaar in Biotegnologie aan UWK. Sy het in 2017 met onderskeiding geslaag.
Chad-Leigh Newman
Chad-Leigh is in sy derde jaar in B.Ed aan Stellenbosch Universiteit. Hy het sy eerste en tweede jaar met onderskeiding geslaag.
Nicole Saayman
Nicole is in haar derde jaar in B.Ed (Grondslagfase) aan Stellenbosch Universiteit.
Ariel Smith
Ariel doen ’n B-graad in Kuns aan die Universiteit van Kaapstad.
Rialdo Alexander
Rialdo is in sy tweede jaar by UNISA waar hy ’n B.Com in Bemarking doen. Hy werk voltyds by die Afrika-sentrum vir MIV/Vigsbestuur aan die Stellenbosch Universiteit.
Julian Europa
Julian het in in 2017 by die Maties Akademie as skeidsregter gekwalifiseer. Hy studeer nou Onderwys deur UNISA. Hy is lid van die Westelike Provinsie se Skeidsregters-vereniging vir die Wynberg-distrik.
Amy Flynn
Amy studeer Gasvryheidsbestuur by Northlink College.
Dianey Leonard
Dianey doen ‘n diploma in Ondernemingsbestuur by BMT Kollege. Sy werk ook voltyds by Etna’s Accommodation in Arniston.
Nicole Lourens
Nicole is in haar tweede jaar B.ed aan CPUT. Sy het haar eerste jaar met meriete geslaag.
Jody Marthinus
Jody studeer B.Compt (Interne Oudit) deur UNISA. Jody werk as rekenmeester in George en studeer deeltyds.
Fenito Mehl
Fenito is in sy derde jaar in Elektroniese Ingenieurswese aan Stellenbosch Universiteit..
Stephanie Murtz
Stephanie studeer Onderwys by UWK.
Richard Newman
Richard studeer Onderwys aan KPUT.
Jeanrick Scheepers
Jeanrick is in sy derde jaar in B.Ed (Senior fase) aan Noordwesuniversiteit.
Dylan Smith
Dylan studeer Sakebestuur aan Valsbaai Kollege. Hy werk ook voltyds by Etna’s Accommodation in Arniston.
Bevan Arends
Bevan is in sy derde jaar sportbestuur aan die Stellenbosch Rugby Akademie.
Lucinda Europa
Lucinda het as haarkapper gekwalifiseer. Sy doen vanjaar haar internskap in Kaapstad.
Gail Leonard
Gail voltooi vanjaar haar B.Ed aan Noordwes Universiteit. Sy is ‘n Graad R onderwyseres by Laerskool Wagenhuiskranz. Sy studeer deur afstandsonderrig.
Beulah Marthinus
Beulah doen die gemeenskapsgesondheids-werkerprogram by Healthnicon-Verpleeg Kollege in Parow.
Miche Marthinus
Miche doen haar Voorskoolse Kinderopleiding (Vlak 4) aan Boland Kollege. Sy werk tans by Jolly Kids in Bredasdorp.
Lucresia Minnaar
Lucresia studeer deur Forensics for Africa vir ‘n sertifikaat in Forensiese Misdaadtoneelrekonstruksie.
Abraham Newman
Abraham is in sy derde jaar in Menslike Hulpbronbestuur aan BMT Kollege. Hy het in 2016 en 2017 met onderskeiding geslaag.
Maxine Nel
Maxine is in haar finale jaar in Menslike Hulpbronbestuur aan Damelin.
Brendill Sebonka
Brendil is in sy tweede jaar aan CTU in Stellenbosch. Hy studeer vir n diploma in Finansiele Rekeningkunde.
Ruald Treu
Ruald is in sy eerste jaar by die Sharks-Akademie in Durban. Hy studeer vir ‘n BA-graad.